Hoe om bladmusiek af te laai

Gemeentes met geldige VV-lisensies kan in ‘n paar maklike stappe musiek gratis aflaai van die nuwe Vonkk webblad. Volg gerus die onderstaande instruksies met foto-begeleiding. Luister gerus na die gidssnit indien jy wil seker maak jy is by die regte lied. Soms is dit net ʼn klavier wat die melodielyn speel, maar jy behoort ʼn goeie idee te kry. Daar is ook voorbeelde van die verskillende bladmusiek beskikbaar. STAP 1: Kies die tipe bladmusiek wat jy wil aflaai vanaf die kieslys en “Add to cart”. Let wel: Jy kan meer as een lied se bladmusiek in jou mandjie plaas. Indien jy nog ʼn lied wil aflaai, soek dit en kies weer die bladmusiek wat jy nodig het. STAP 2: Klik op “View cart” (regterkant van blad) en vul die VV-lisensienommer in. (Voeg VV voor jou nommer asb maw VV007 of VV54732) Klik op “Apply coupon”. Die bedrag vir die bladmusiek sal na R0.00 verander. STAP 3: Klik op “Proceed to checkout” en voltooi slegs die ontbrekende velde. Let wel: Jy hoef dit net een keer te doen. Volgende keer behoort die blad jou te onthou. Jy moet NIE die opsie “Create an account” kies nie. (VONKK is nou deel van die Kerkmusiek-platform. As jy al Flam-musiek afgelaai en die opsie gekies het om ʼn “account” te skep, sal jou besonderhede reeds op die Kerkmusiek-platform wees. Jy kan dieselfde “username” en “password” gebruilk. Vir enige navrae, kontak asseblief vir Bybel-Media by 021 864 8228.) STAP 4: Plaas jou bestelling en laai die bladmusiek af. (Die skakel is langs die opskrif “Download”.) Klik op die skakel wat langs die woord “Download” verskyn en stoor (“save”) dit op enige plek op jou rekenaar of stokkie. Moenie op die lied se “hyperlink” klik nie. Dit sal jou bloot na die lied self terugneem. Jy sal ʼn e-pos kry met die skakel waar jy jou dokument kan aflaai. Onthou: Jy mag die koepon (VV-nommer) gebruik en gee aan enigiemand wat by jou gemeente se musiekbediening betrokke is. Jy mag dit egter NIE aan iemand buite jou gemeente gee nie. Indien die skool byvoorbeeld musiek sou wou aflaai, moet hulle hulle eie VV-nommer kry en dit gebruik. Die...

Read More