VONKK 0278-Hemelse Vader, van U kom smeek ons
R10.00
Description
VONKK 278 – Hemelse Vader, van U kom smeek ons
1. Hemelse Vader,
van U kom smeek ons:
Gee aan u kinders
u liefde, deernis.
Maak ons ‘n eenheid
deur u genade.
Hemelse Vader,
U is ons God.
2. O Here Jesus,
ons kniel hier voor U,
herdenk u lyding
en u oorwinning.
Ons bring ons lofsang
en ons aanbidding
aan U, o Here.
U is ons God.
3. Heilige Trooster,
ons vra afhanklik:
Skenk ons genade,
geloof, volharding.
Neem ons gebede
tot by die Vader.
Heilige Trooster,
U is ons God.
Teks: Elena G Maquiso; Hannes van der Merwe 2014 ©
Melodie: ILONGGO – Tradisioneel Filippyns
Orrelbegeleiding: Friena Maritz 2014 ©
© Teks en orrelbegeleiding: 2014 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Melodie: Openbare besit
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|