VONKK 0292-Voor U, Vader, moet ek skuld bely

R0.00R10.00

Clear

Description

VONKK 292 – Voor U, Vader, moet ek skuld bely
(Respons)

Skuldbelydenis
Voor U, Vader, moet ek skuld bely.
Red my, Here, en vergewe my.
Hier, voor u troon, het ek insig gekry:
U, Heer, is heilig, ek is onrein.

Vryspraak
Elke mens wat voor die Here buig
kan met vreugde oor vergifnis juig –
kan van sy heilige liefde getuig:
“Ons God vergewe! Ons God genees!”

Reaksie op die vryspraak
U genade is genoeg vir my,
want in swakheid het ek krag gekry.
Ek kan in weerlose vreugde bely:
Juis as ek swak is, dán is ek sterk.

Nav 2 Korintiërs 12:9-10
Teks: Breda Ludik 2016
Melodie: KOMPASBERG – Anton Esterhuyse 2016©
Orrelbegeleiding: Anton Estehuyse 2016©
© Teks, melodie en orrelbegeleiding: 2016 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On