VONKK 0298-Juig en sing nou saam

R10.00

Clear
SKU: VONKK0298 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 298 – Juig en sing nou saam

1. Juig en sing nou saam: Die Heer het opgestaan!
Kom en prys sy Naam: Die dood is nou verslaan.
Die donker dieptes van die graf kon Hom nie daar hou.
Ons glo dis waar: Die Here leef! Hy’t waarlik opgestaan!

2. Kyk, die graf is leeg, want Hy het opgestaan.
Ons kan ons verheug – ’n nuwe dag breek aan.
Die dood se mag is nou verbreek; ons is vrygespreek.
Die angel van die dood is weg, want Hy het opgestaan!

3.Kom, verlostes, juig, want Christus is ons hoop.
Hy, die Hemelheer, kom sluit die toekoms oop.
Hy gee ons lewe nuwe sin: niks is tevergeefs!
Die lewe is nou Christus en die sterwe wins vir my.

4. Ons wil juig en sing: Ons Here Jesus leef!
Bring Hom lof en dank, wat al ons skuld vergeef.
In Hom, die opgestane Heer, sal ons ook oorwin.
Ons Here Jesus leef! Ons weet dat ons ook eendag op sal staan!

Teks: Jacques Louw 2014 ©
Melodie: POTCHEFSTROOM – Anton Esterhuyse 2014 © en Jacques Louw 2014 ©
Orrelbegeleiding met diskant: Jacques Louw 2014©
© 2014 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On