VONKK 00002-Kom juig oor God, sing almal saam
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 2 – Kom juig oor God, sing almal saam
(Psalm 66)
1. Kom juig oor God, sing almal saam!
Kom, alle mense, roem sy Naam!
O God, hoe groot is al u werk,
u reddingsdade onbeperk.
Die volk van God beleef u krag
en juig vir ewig oor u mag.
2. Kom juig oor God, sing almal saam!
Kom, alle mense, roem sy Naam!
In vuur en vloed het ons gely,
maar God het ons daaruit bevry.
My danklied loof Hom oor en oor,
want God het my gebed verhoor.
Psalm 66
Teks: Driekie Jankowitz 2008 (Pro Deo)
Musiek: MELITA – John Dykes 1861
© Teks: 2009 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Musiek: Openbare besit
RUBRIEK: Klassiek – Lofprysing
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|