VONKK 00003-Loof die Here, want Hy is goed

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK0003 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 3 – Loof die Here, want Hy is goed
(Psalm 136)

Keervers*
Loof die Here, want Hy is goed:
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Loof die Here, want Hy is goed:
Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Psalmvers
1. Loof die Here oor die heersers,
die Almagtige is Hy.
Loof die Skepper van die skepping,
al wat lewe loof Hom bly.

Keervers*
Loof die Here, want Hy is goed:
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Loof die Here, want Hy is goed:
Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Psalmvers
2. Loof die God van wonderwerke,
Hy bevry sy volk met krag.
Hy, die Koning oor die konings,
sorg vir hul wat op Hom wag.

Keervers*
Loof die Here, want Hy is goed:
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Loof die Here, want Hy is goed:
Aan sy liefde is daar geen einde nie.

* LW: Die keervers kan afsonderlik as respons gebruik word.*

Psalm 136
Teks: Driekie Jankowitz 2008 (Pro Deo)
Melodie: ROOIDUIN – Jacus Krige 2008
Orrelbegeleiding: Renette Bouwer 2009 (Pro Deo)
Klavierbegeleiding: Anton Esterhuyse 2009
© 2009 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

RUBRIEK:  Kontemporêr — Lofprysing

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On