VONKK 00005-Vreugde! Vreugde!

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK0005 Categories: , Tags: , ,

Description

VONKK 5 – Vreugde! Vreugde!

1. Vreugde! Vreugde! Juig van vreugde,
want ons Heiland het verrys.
Tot die dood was Hy verneder,
uit die graf het Hy herrys.
Alle eer aan die Oorwinnaar!
Elke knie moet voor Hom buig.
“Jesus Christus is die Here!” –
elke tong moet dit getuig.

2. Jesus leef, Hy heers vir ewig,
heerlik is sy majesteit. 
As gestuurde van die Vader
stuur Hy ons nou wêreldwyd.
Hy bring heling, skenk bevryding:
daarvan moet ons bly getuig.
Vreugde! Vreugde! Juig van vreugde
want ons Heiland het verrys.

Teks: JJH du Plessis 2007 (Pro Deo)
Melodie: ODE AN DIE FREUDE (Koraal-simfonie Nr 9) –  Ludwig van Beethoven 1824 (ritmies aangepas)
Orrelbegeleiding: Gerrit Olivier 1993/2001 (met toestemming NG Kerk-Uitgewers)
© Teks en orrelbegeleiding: 2009 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Melodie: Openbare besit

RUBRIEK:  Klassiek – Paasfees / Uitsending

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks