VONKK 00006-Geseënd wie goddelose raad

R0.00R10.00

Clear

Description

VONKK 6 – Geseënd wie goddelose raad
(Psalm 1)

1. Geseënd wie goddelose raad
nie volg tot in ‘n doodloopstraat.
Wie leef uit God se wyse raad,
oordink dit en vermy die kwaad.

Die Here sal jou veilig lei,
sy goedheid sal jou pad verbly.
Die Here sal jou veilig lei,
sy goedheid sal jou pad verbly.

2. Wie leef in vreugde uit Gods woord,
bring altyd goeie vrugte voort;
groei welig soos ‘n lewensboom,
gewortel by ‘n waterstroom.

Die Here sal jou veilig lei,
sy goedheid sal jou pad verbly.
Die Here sal jou veilig lei,
sy goedheid sal jou pad verbly.

Psalm 1
Teks: Driekie Jankowitz 2008 (Pro Deo)
Melodie: KAMEELDORING –  Jacus Krige 2008
Orrelbegeleiding: Colin Campbell 2009 (Pro Deo)
© 2009 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

 RUBRIEK: Klassiek – Voorbereiding om God se Woord te hoor / Wil van God / Geloof en Vertroue

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On