VONKK 00079-Genade, so oneindig groot

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK00079 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 79 – Genade, so oneindig groot

1. Genade, so oneindig groot,
gee U, o Heer, vir my.
Ook ek, verlore sondaarmens,
word van my skuld bevry.

2. Deur swaarkry, hartseer en gevaar,
moes ek my pad hier vind.
U goedheid, Heer, het my bewaar
en my aan U verbind.

3. Al was ek so verhard en blind,
al het ek niks verdien,
kon ek by U genade vind –
geloof, wat my laat sien.

4. Ek loof U vir genade, Heer,
so onverdiend aan my.
Vergifnis gee U keer op keer
as ek my skuld bely.

5. Nou leef ek daagliks uit u hand,
my hart na U gekeer.
Met al my gawes en verstand
wil ek U dien, o Heer.

Teks: Amazing grace, how sweet the sound – John Newton 1779 (1725 – 1807); Jacques Louw 2009 ©
Musiek: AMAZING GRACE – Amerikaanse volksmelodie in Southern Harmony 1831; aangepas Edwin Excell 1900
© Teks: 2009 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Musiek: Openbare besit

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On