VONKK 00097-Christus, lank reeds verwag

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK0097 Categories: , Tags: , , ,

Description

VONKK 97
Christus, lank reeds verwag

1. Christus, lank reeds verwag,
is gebore dié nag.
Daarom sing engele bly.
Duisternis is nou verby.

2. Herders hou daardie nag
oor hul skape die wag.
Daar hoor hul engele sing,
wat goeie nuus aan hul bring.

3. Wyse manne van ver
volg die Betlehemster;
bring aan die Kindjie hul eer,
kniel in verwondering neer.

4. Jesus, ons bring U eer –
ons Verlosser en Heer.
Saam met die engelekoor
wil ons ‘n loflied laat hoor.

Teks: Diese heilige Nacht – Duits E16; Hierdie heilige nag – Betsie Els 1981; gewysig Jacques Louw 2010 ©
Melodie: Diese heilige Nacht — tradisioneel Duits E18
Klavierbegeleiding: Tradisioneel Duits E18
Orrelbegeleiding: Albert Troskie 2010 (Pro Deo)
© Teks en begeleidings: 2010 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Musiek: Openbare besit:

RUBRIEK: Kinderlied – Kersfees en Epifanie

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On