VONKK 00131-Weet jy hoeveel sterre skyn daar

R0.00R10.00

Clear
SKU: vonkk00131 Categories: , Tags: , , ,

Description

VONKK 131 – Weet jy hoeveel sterre skyn daar

1. Weet jy hoeveel sterre skyn daar
in die donker van die nag?
Weet jy hoeveel wolke waai daar
in die blou lug van die dag?
God sit elke ster op sy regte plek,
Hy laat elke wolk deur die blou lug trek.
Daarom weet ek God is groot,
daarom weet ek God is groot!

2. Weet jy hoeveel kleine diertjies
in die veld kruip en krioel?
Weet jy hoeveel vissies swem daar
in die see, in elke poel?
God die Here weet waarheen elkeen trek;
ook die kleinste een, elke wegkruipplek.
Hy wil elkeen mooi bewaar.
Hy wil elkeen mooi bewaar.

3. Weet jy hoeveel kinders ronddwaal
en maar op die strate bly?
Weet jy hoeveel kinders kos soek
en wat daagliks honger ly?
God die Here ken elke kind se nood
en Hy help elkeen wat Hom vra vir brood.
Hy ken jou en het jou lief,
Hy ken jou en het jou lief.

Teks: Weisst du wieviel Sternlein stehen – Wilhelm Hey 1837; Afrikaanse teks: Driekie Jankowitz 2010 (Pro Deo)
Melodie: STERNLEIN – Duitse volksmelodie 1818
Orrelbegeleiding: Gerrit Jordaan 2010
Musikale verryking: Gerrit Jordaan 2010
© Teks, orrelbegeleidings en musikale verryking: 2010 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Melodie: Openbare besit

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On