VONKK 00214-Nog voordat ek ’n kind was
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 214 – Nog voordat ek ’n kind was
Nog voordat ek ’n kind was, het U van my geweet.
Al die bene in my lyf het U reeds opgeskryf –
elke toon en elke voet, elke vinger en ook hand,
my arms en my bene, my kop en my verstand.
Refrein:
Want U is bo my, om my, langs my, agter en ook voor.
U is altyd in en by my, of ek ry en of ek bly.
Want U is bo my, om my, langs my, agter en ook voor.
U is altyd in en by my of ek ry en of ek bly.
Nav Psalm 139
Teks: Alwena van der Vyfer 2006 ©
Melodie: Alwena van der Vyfer 2006 ©; aangepas VONKK-Werkgroep 2012
Orrel- en klavierbegeleiding: Daleen Kruger 2012 (Pro Deo)
© Teks en melodie: Alwena van der Vyfer 2006 (geregistreer by SAMRO). Met toestemming gebruik
© Orrel- en klavierbegeleiding: 2012 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|