VONKK 0303 – Hoor die blye tyding
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 303 – Hoor die blye tyding
1. Hoor die blye tyding –
wees nie meer bevrees;
die tyding van groot blydskap
wat vir die volk sal wees.
Die Woord van God het mens geword,
ons Redder het gekom,
en vrede is die erfenis
vir ons wat glo in Hom.
2. Vrede op aarde, vrede vir die mens;
hier, soos in die hemele –
sy vrede sonder grens.
Die Woord van God het mens geword,
ons Redder het gekom,
en vrede is sy erfenis
vir ons wat glo in Hom.
3. Ere in die hoogste, ere aan die Lam.
Bring die hoogste hulde aan
die Kind uit Dawidstam.
Die Woord van God het mens geword,
die aarde kan nou sing.
Die Woord van God het waar geword,
die vrede is volbring.
Ere aan God! Ere aan God!
Teks: Louis Brittz © 2005 Met toestemming gebruik
Melodie: Louis Brittz © 2005 Met toestemming gebruik
Orrelbegeleiding: Anton Esterhuyse 2017 ©
Klavierbegeleiding: Anton Esterhuyse 2017 ©
Kantoryverwerking: Gerrit Jordaan 2017 ©
Musikale verryking: Anton Esterhuyse 2017 ©
© 2017 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|