VONKK 0324 – Hoe groot is al u liefde, Heer

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0324 Categories: , Tags: , ,

Description

VONKK 324 – Hoe groot is al u liefde, Heer

Hoe groot is al u liefde, Heer,

vir ons so klein en sondig!

U Seun het ons u vaderhart

vol deernis kom verkondig.

Ons sien in Hom hoe eindeloos,

hoe ver strek u genade.

Ons hoor by Hom, u eie Seun,

van al u liefdesdade.

 

U Seun, op pad na Golgota –

‘n kruis swaar op sy skouers –

en oral klink die lag en hoon,

die spot van die aanskouers.

Ons sonde bring Hom by die kruis.

Hy sterf om te vergewe.

En met sy laaste asemteug

bring Hy vir ons die lewe.

 

O Heer, ons staan hier voor die kruis

in stilte voor die lyding.

Ons weet dit is om ons ontwil –

juis dit: die goeie tyding.

Hoe kan ons ooit ons dankbaarheid

laat klink vir u genade?

Ons buig voor U in ned’righeid

oor al u liefdesdade.

 

Hoe groot is al u liefde, Heer,

vir ons so klein en sondig.

Dit strek so hoog en ver en wyd

en spoel oor ons oorvloedig.

Daar’s niks wat ons dit kan ontneem

wat U vir ons berei nie.

Daar’s niks in die heelal, o Heer,

wat ons van U kan skei nie.

 

Teks: How deep the father’s love for us – Stuart Townend 1995 ©;  Afrikaanse weergawe: Hannes van der Merwe 2017 ©

Musiek: TOWNEND – Stuart Townend, 1995 ©

Klavierbegeleiding: Stuart Townend 1995 ©

© Teks, musiek en hierdie vertaling: 1995 Thankyou Music (admin by Sheer Music Publishing, SA)

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On