VONKK 0329-Ons harte smag na U / Nkosi sihlangene

R10.00

Clear

Description

VONKK 329 – Ons harte smag na U / Nkosi sihlangene

1. (Toetrede en Aanroeping)
Ons harte smag na U.
Kom, Heer, en maak ons nuut.
Kom raak ons aan in Jesus-naam.
Ons harte smag na U.

2. (Lofprysing / Verwondering)
O Heer, ons is hier saam.
Ons loof en prys u Naam.
Gee ons u seën; maak ons nou een.
O Heer, ons is hier saam.

3. (Wil van God)
Ons hoor u wil, o Heer.
Ons hoor wat U ons leer.
Vergeef ons skuld in u geduld.
Ons hoor u wil, o Heer.

4. (Geloofsbelydenis)
Die Gees wat in ons werk,
Hy maak ons God se kerk.
Ons glo in Hom totdat Hy kom.
Ons leef as God se kerk.

5. (Skriflesing / Woordverkondiging)
Ons luister na u Woord –
vir ons die lewenspoort.
Spreek tot ons, Heer, dat ons mag leer
van lewe uit u Woord.

6. (Getuienis)
Aan elke volk en taal
vertel ons die verhaal
van God se Seun – die enigste een.
Ons eer Hom duisend maal.

7. (Uitsending)
O seën ons, grote God,
ons lewe uit u hand.
Ons gaan uiteen deur U geseën.
Ons lewe in ons God.

isiXhosa
Nkosi, sihlangene
kuyo indlu yakho;
yiza nawe, sesingene
ebusweni bakho.

Teks: isiXhosa – HH Dugmore 1810-1896; Afrikaanse teks: Hannes van der Merwe 2016 ©
Melodie: NKOSI, SIHLANGENE – tradisioneel isiXhosa
Orrelbegeleiding: Tradisioneel
Kantoryverwerking: Tradisioneel
© isiXhosa-teks, melodie, orrelbegeleiding en kantoryverwerking: Openbare besit
© Afrikaanse teks: 2016 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On