VONKK 0335 – Mag die troue Heer,  jou gebed in nood verhoor

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0335 Categories: , Tags: , ,

Description

VONKK 335 – Mag die troue Heer,  jou gebed in nood verhoor

Mag die troue Heer, jou gebed in nood verhoor;

in die dag van swaarkry jou beskerm.

Mag sy hand van troos uit die hemel jou omvou

en jou bystaan met sy goedheid en en sy seën.

 

Mag jou God en Heer al die offers wat jy bring,

raaksien en dit ook aanneemlik vind.

Mag Hy aan jou gee alles wat jou hart begeer

en jou voornemens ook altyd laat geluk.

 

Laat ons juig en sing in die Naam van God, die Heer –

Hy wat deur sy krag ons laat oorwin.

Hy, die Heer, sal hoor en jou antwoord as jy vra

en vanuit die hemel jou gebed verhoor.

 

Mense kan so gou op wat menslik is vertrou,

maar dis God wat sorg en bly voorsien.

Laat ons vas bly staan en op Hom altyd vertrou

en ons lewens net op Hom, die Here, bou.

  

Psalm 20

Teks: In the day of need – Christopher M Idle, 1969 Afrikaanse weergawe: Jacques Louw 2017

Musiek: SAMSON – Norman L Warren 1972

© Teks & musiek en hierdie vertaling: © 1973 Hope Publishing Company,

Carol Stream, IL 60188, VSA. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik.

For permission to use this hymn, contact www.hopepublishing.com

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On