VONKK 0357 – Soveel konings wat regeer
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 357 – Laat u koninkryk kom
1. Soveel konings wat regeer,
soveel magte wat beheer het
oor die mensdom;
maar waar sal ons ons heil kan vind,
waar is daar ̓n toekoms vir my kind?
Sou dit aardse eenheid wees
of vertroue op ‘n waan van eie waarde?
Maar alles is alreeds probeer,
daarom vra ons dit van U, o Heer.
Refrein
Vader, stel die grondwet van u ryk
by ons in werking,
gee ons regtig liefde vir mekaar.
Gee vir ons die burgerskap wat vry is
van beperking.
Heer, laat u koninkryk hier kom.
2. Daar sal nuwe waardes geld, wyer grense;
ander helde sal vermeld word.
Daar sal ons ons heil kan vind,
daar is ook ̓n toekoms vir my kind.
Soveel konings wat regeer,
soveel magte wat beheer het
oor die mensdom.
Net U kan regtig vrede gee,
daarom pleit ons dit by u, o Heer.
Refrein
Vader, stel die grondwet van u ryk
by ons in werking,
Gee ons regtig liefde vir mekaar.
Gee vir ons die burgerskap wat vry is
van beperking.
Heer, laat u koninkryk hier kom.
Laat u koninkryk kom.
Vader, stel die grondwet van u ryk
by ons in werking,
Gee ons regtig liefde vir mekaar.
Gee vir ons die burgerskap wat vry is
van beperking.
Heer, laat u koninkryk hier kom.
Laat u koninkryk kom.
Teks: Jannie du Toit 1989 ©
Melodie: LAAT U KONINKRYK KOM – Jannie du Toit 1989 ©
Orrelbegeleiding: Anton Esterhuyse 2016 ©
Klavierbegeleiding: Anton Esterhuyse 2016 ©
© 2016 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|