VONKK 0371 – Hier is ek, Heer!

R0.00R10.00

Clear

Description

VONKK 371 – Hier is ek, Heer!

ʺEk is Heer oor see en lug

en Ek hoor my kinders sug,

hul wat woon in duisternis, hul wil Ek red.

Ek wat sterre laat verskyn,

wil hul donker laat verdwyn.

Wie sal lig na hulle bring? Wie sal Ek stuur?ʺ

Refrein:

Hier is ek, Heer! Roep U my, Heer?

Klink U roepstem ook vir my vandag?

Ek sal gaan, Heer, in U Naam, Heer,

instrument wat werk deur God se krag.

 

Oor die skepping is Ek Heer,

maar Ek voel my volk se seer.

Waar hul hoop begin verloor, wil Ek hul red.

Ek die Skepper van die son,

Ek wil lig vir hul laat kom.

Wie sal hoop na hulle bring? Wie sal Ek stuur?

Refrein:

 

Ek is God wat alles sien,

en versorg hul wat my dien,

wat ̓n feesmaal voor wil sit – Ek wil versorg.

Met die beste wat daar is,

tot hul hart versadig is,

wil Ek lewe vir hul gee. Wie sal Ek stuur?  

Refrein:

 

Teks: Here I am, Lord  – Daniel L Schutte 1981; Afrikaanse weergawe: Hannes van der Merwe 2017 © 

Melodie: HERE I AM, LORD – Daniel L Schutte 1981

Orrelbegeleiding: Friena Maritz 2017

Klavierbegeleiding: Daniel L Schutte 1981

© Teks, musiek en hierdie vertaling: 1981 Daniel L Schutte and New Dawn Music, 5536 NE Hassako,

Portland OR 97213 All rights reserved. Used by permission.

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On