VONKK 0376 – Stemme oor die hele aarde sing

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0376 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 376 – Stemme oor die hele aarde sing

Stemme oor die hele aarde

sing met Kersfees weer en weer:

Ere in die hoogste hemel −

Jesus daal na mense neer.

Die misterie en die wonder

dat ’n kindjie koning is –

dit oorweldig ons ten volle:

Ere, ere, aan ons Heer!

 

Kinders, hand aan hand met ouers,

hoor die storie nog ʼn keer:

Jesus is vir ons gebore,

babatjie so lief en teer.

Die verhaal word glad nie oud nie,

dit word elke Kersfees nuut.

Jesus is vir ons gebore:

Ere, ere, aan ons Heer!

 

Jonk en oud kom almal saam

in Kerstyd om die lied te bring.

Christus is die ware lewe –

jubelend wil ons dit sing.

Vir ʼn wêreld wat nie glo nie

wil ons weer die storie bring:

Ons in Christus nuut gebore:

Ere, ere aan ons Heer!

 

Teks: Friena Maritz 2017 ©

Melodie: VANCOUVER – Friena Maritz 2017 ©

Orrelbegeleiding, kantoryverwerking en musikale verryking: Friena Maritz 2017©

© 2017 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On