VONKK 0384 – Aan die tafel met die Paasmaal

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0384 Categories: , Tags: , ,

Description

VONKK 384 – Aan die tafel met die Paasmaal

(Strofes 1 en 7 is aanvullende strofes by die strofes van Liedboek #399)

1. (Voetwassing)

Jesus bind ‘n handdoek om Hom,

neem die skottel, kniel dan neer,

en Hy was dissipelvoete

soos ‘n slaaf doen vir sy heer.

“Wat Ek nou vir jul gedoen het,

moet jul aan mekaar bewys.

Dis my voorbeeld – ook vir julle:

selfopofferend aan die kruis.”

 

2.Aan die tafel met die Paasmaal

breek die Here self die brood:

“Dis my liggaam, dis vir julle;

dink aan My en aan my dood.

Drink nou almal uit die beker,

dis my bloed wat vryspraak bring.

So verkondig jul my sterwe,

so sal redding wyer kring.”

 

3.In die tuin aan die Olyfberg

het die Heer beangs gaan bid

en geworstel met sy Vader

tot sy sweet soos bloed bly drup:

“Vader, neem die lydensbeker,

neem dit tog by my verby!

Tog geskied u wil, o Vader!

My verraaier is naby.”

 

4.Met ‘n soen word Jesus Christus

deur ‘n volgeling verraai;

nog ‘n volgeling verloën Hom

voor die haan se derde kraai.

Sonder volgeling of vriende

is die Heer alleen dié nag.

In die steek gelaat, moes Jesus

op sy kruis, sy sterwe wag.

 

5. Na ‘n nag van ondervraging,

na ‘n nag van géseling,

word die Heer ter dood veroordeel,

word Hy na die kruis gebring.

Met die spykers, met die slae,

deur die marteling, die spot,

wys die diepte van die liefde

van ons Here, van ons God.

 

6. In die pyn, daar aan die kruishout,

klink sy woorde, sewe keer –

woorde van vergifnis, liefde,

en aanvaarding deur die Heer;

ook die woorde van alleenheid

en die uitroep: “Ek het dors!”

“Dis volbring”,  “Ek gee my gees oor”

en sy hoof sak op sy bors.

 

7. (Opstanding) Dou-voor-dag die Sondagmôre

gaan die vroue na die tuin

om sy liggaam te gaan balsem,

maar die liggaam het verdwyn.

Soos Maria Jesus eien,

val sy voor sy voete neer.

Jesus leef! Hy is Oorwinnaar!

Hy’s die Meester en my Heer.

 

Teks: Lied oor die laaste nag van Jesus – Hannes van der Merwe © 2017

Musiek: BLAENWERN – William Penfro Rowlands 1905

Musikale verryking: Pieter van den Berg 2017 ©

© Musiek: Openbare besit

© Teks en musikale verykking: 2017 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On