VONKK 0385 – Heilige nag

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0385 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 385

Heilige nag

  

  1.  

Heilige nag, die velde lê in stilte

soos wat die herders hul skape versorg.

Eeue reeds wag die wêreld op die oomblik

dat God’s belofte gestalte sou kry:

‘n hoop wat leef in moeë menseharte,

die eerste lig wat deur die donker breek.

Kyk wat gebeur! Kom hoor die engelstemme:

ʺHosanna! Hosanna!ʺ sy vrede breek nou deur,

ʺHosanna! Hosanna!ʺ die heilige nag.

 

  1.  

Herders vertrek – die hoop leef in hul harte –

na Betlehem om die Kindjie te sien.

Toe hul Hom kry, in doeke by Maria,

het hul gekniel voor die klein-Koningskind.

Die Koning van die hele wye wêreld

het hul gevind in Betlehem se stal.

Hy is die Heer, Gestuurde uit die hemel!

ʺHosanna! Hosanna!ʺ sy vrede breek nou deur,

ʺHosanna! Hosanna!ʺ die heilige nag.

 

  1.  

Jesus, ons Heer, U leer ons leef met deernis –

u wet is liefde en vrede u wil.

U breek die juk; die kettings van die sonde

het ons as mense vir eeue gebind.

‘n Lied van vryheid klink oor heel die aarde.

Ons prys sy Naam, besing die Heer se mag:

ʺJesus is Heer! Kom prys sy Naam, o mensdom!ʺ

ʺHosanna! Hosanna!ʺ sy vrede breek nou deur.

ʺHosanna! Hosanna!ʺ die heilige nag.

 

Teks: Minuit Chrétien – Placide Cappeau 1847; O holy Night! – J.S. Dwight (1813-1893); Afrikaanse teks: Hannes van der Merwe 2018 ©

Melodie: CANTIQUE DE NOËL – Adolphe Adam 1847

Klavierbegeleiding: John Sullivan 1855

Orrelbegeleiding 1: Albert Troskie 2018 (Pro Deo)

Orrelbegeleiding 2 en musikale verryking: Pieter van den Berg 2018 ©

Kantoryverwerking: Uit die FAK. Met toestemming gebruik.

© Melodie, klavierbegeleiding en kantoryverwerking: Openbare besit

© Orrelbegeleiding en musikale verryking: 2018 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

 

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On