VONKK 0389 – Soos ’n hert in dorre streke
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 389 – Soos ’n hert in dorre streke
1.Soos ‘n hert in dorre streke
skreeuend dors na die genot
van die helder waterbeke,
skreeu my siel na U, o God!
Ja, my siel dors na die Heer,
na die Lewensbron; wanneer
sal ‘k ná swerftog en benouing,
God weer sien in klare͡ aanskouing?
2.Maar die Heer sal in my lewe
weer oordag sy guns gebied.
Ook deur donker nag omgewe,
sing ek nog my pelgrimslied.
Ja, ek lofsing in die nag,
want ek bly die Heer verwag;
my gebed sal opwaarts strewe
na die bronwel van my lewe.
3.O my siel, waarom onrustig?
En wat buig jy jou in my?
Waarom in Gods lof onlustig
as dié spotstem jou bestry?
Menigmaal het Hy jou druk
laat verwissel in geluk.
Hoop op God, in Hom weer rustig!
In sy lof sal’ k my verlustig.
Psalm 42
Teks: Soos ‘n hert in dorre streke – JD du Toit (Totius) 1936
Melodie: Ainsi que la biche rée – Loys Bourgeois, Genève 1551; Lausanne 1565
Orrelbegeleiding: H Pieter van der Westhuizen 1976
Kantoryverwerking: Loys Bourgeois, Genève 1551; Lausanne 1565
© Teks: Gereformeerde Publikasies, GKSA. Met toestemming gebruik
© Orrelbegeleiding: NG Kerk Uitgewers 1976. Met toestemming gebruik
© Kantoryverwerking: Openbare besit
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|