VONKK 0390 – Heer, my God, ontferm U oor my

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0390 Categories: , Tags: , ,

Description

VONKK 390 – Heer, my God, ontferm U oor my

1.Heer, my God, ontferm U oor my,

luister na my stem, verhoor my!

‘k Is ellendig, diep in nood,

gans en al van hulp ontbloot.

O bewaar my, U’s almagtig;

maak my weer u guns deelagtig;

red u kneg, verlos my nou,

waar ‘k alleen op U vertrou.

 

2.Heer, u goedheid is die lewe;

U sal mild ons skuld vergewe;

wie U aanroep in die nood,

vind u guns oneindig groot.

Heer, my God, ontferm U oor my,

luister as ek roep, verhoor my!

Merk uit goedheid, as ek spreek,

op die stem waarmee ek smeek.

 

3.Leer my na u wil te handel,

‘k sal dan in u waarheid wandel;

neig my hart en voeg dit saam

tot die vrese van u Naam.

Heer, ek hef my hart na bowe,

nuwe sangstem sal U lowe,

nuwe dank sal voor U rys –

‘k sal u Naam vir ewig prys.

 

Psalm 86

Teks: Heer, my God, ontferm U oor my − J.D. du Toit (Totius) 1936

Musiek: Mon Dieu, preste-moy l’aureille – Guillaume Franc, Straatsburg 1545/Genève 1551

© Teks: Gereformeerde Publikasies, GKSA.  Met toestemming gebruik

© Musiek: Openbare besit

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On