VONKK 0395 – Elke een wat kan hoor

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0395 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 395

Elke een wat kan hoor

 

  1. Efese

Elke een wat kan hoor,

al die kinders van God,

luister na die woorde

van die Gees.

Ons het U lief, o Heer,

lief met ons hele hart!

Elkeen wat so volhard,

sal ewig leef.

 

  1. Smirna

Wie deur swaarkry volhard

en bespotting verduur –

in die oë van God

is hul ryk.

Heer, laat ons vas bly staan

as ons deur lyding gaan.

Elkeen wat steeds volhard,

ontvang die kroon.

 

  1. Pergamum

Maak ons, Here, getrou,

want U weet waar ons leef.

Laat ons vasstaan,

ons lewe in geloof.

Ons het die waarheid lief

soos wat u Woord ons leer.

Elkeen wat so oorwin

ontvang u Naam.

 

  1. Tiatira

Here Jesus, U weet,

U sien als wat ons doen,

al ons liefde, ons geloof,

en diens.

Bind ons as eenheid saam

ter ere van u Naam.

Ja, elkeen wat oorwin,

ontvang gesag.

 

  1. Sardis

Here Jesus, ons weet

U weet alles van ons.

Wil U, Heer,  ons harte

wakker maak!

Stort tog oor ons u Gees,

sodat ons lewend word!

U gee oorwinnaars elk

‘n spierwit kleed.

 

  1. Filadelfia

Heil’ge Jesus, ons God,

wat die toekoms ontsluit,

niemand sal die oop deur

toe kan maak.

Ons sal volhard, o Heer.

Hou ons tog in u hand.

Ja, elkeen met u Naam,

mag by U woon.

 

  1. Laodisea

Here Jesus, U klop

aan die deur van ons hart

en ons maak dit oop,

vier saam die fees.

Heer, laat ons harte brand

en laat ons bly volhard.

Elkeen wat so oorwin,

sit op die troon!

 

Nav Openbaring 2 en 3 – die sewe briewe aan die sewe gemeentes

Teks: Hannes van der Merwe 2018 ©; Leanie Oberholzer (strofe 5)

Melodie: GRASVLAKTE − Anton Esterhuizen 2018 ©

Orrelbegeleiding:  Isabeau Swanepoel 2018 (Pro Deo)

© 2018 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On