VONKK 0403 – Op U verlaat ek my

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0403 Categories: , Tags: , ,

Description

VONKK 403

Op U verlaat ek my

 

  1.  

Op U verlaat ek my, wees my genadig, Heer.

Die vrede wat U bring is al wat ek begeer.

Refrein

Ek het U nodig, Heiland, besef ek keer op keer.

Neem U my hand en lei my, genadige Heer.

 

  1.  

Op U verlaat ek my; gee bystand as ek vra.

U Gees is by my, Heer, om my deur als te dra.

Refrein

Ek het U nodig, Heiland, besef ek keer op keer.

Neem U my hand en lei my, genadige Heer.

 

  1.  

Op U verlaat ek my in vreugde, pyn of smart.

In diep afhanklikheid leef ek, Heer, uit u hand.

Refrein

Ek het U nodig, Heiland, besef ek keer op keer.

Neem U my hand en lei my, genadige Heer.

 

  1.  

Op U verlaat ek my, o Vader, Seun en Gees;

dis al wat ek verlang – om naby U te wees.

 

Refrein

Ek het U nodig, Heiland, besef ek keer op keer.

Neem U my hand en lei my, genadige Heer.

 

Teks: I need Thee every hour − Annie Sherwood Hawks en Robert Lowry 1872;

oorspronklike Afrikaanse teks: Jaco Thom 2017; gewysig Hannes van der Merwe 2018 ©

Musiek: NEED – Robert Lowry 1872; gewysig Halleluja 1933

© 2018 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

 

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On