VONKK 0325 – As ons daar kon wees
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 325 – As ons daar kon wees
As ons daar kon wees,
daardie donker dag,
sou ons U sien op Golgota.
Sondaars het verhoor,
U gespot, geslaan.
Ons sien U aan ’n kruis.
Refrein:
Kyk, die krag van die kruis;
Seun van God, sterf vir ons,
vat ons skuld, dra ons straf.
Ons staan vergewe voor die kruis.
Heer, ons sien die pyn
trek op u gesig.
U neem ons sondes op U, Heer.
Elke bitter woord,
elke bose daad
kom op u skouers neer.
Refrein:
Donker word die son
en die aarde beef
soos wat hul Maker eensaam sterf.
Tempelskeiding skeur,
dooies lewe weer,
U roep: “Dit is volbring!”
Refrein:
Here, ook vir my
hang U aan die kruis
en deur u sterwe is ek vry.
Dood is doodgemaak;
lewe nuut gemaak –
dit is deur u liefdesdaad.
Refrein:
Teks: The power of the cross – Keith Getty & Stuart Townend 2005;
Afrikaanse weergawe: Hannes van der Merwe 2017
Musiek: OH, TO SEE THE DAWN – Keith Getty & Stuart Townend 2005
© Teks & musiek en hierdie vertaling: © 2005, administered by worshiptogether.com
Songs excl. UK & Europe, administered by Kingswaysongs, a division of David C Cook
Used by permission
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|