VONKK 0381 – Vind jou skuiling in my hawe

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0381 Categories: , Tags: , ,

Description

VONKK 381 – Vind jou skuiling in my hawe

1.Vind jou skuiling in my hawe

as die storms om jou woed

en die winde van vertwyf’ling

onrus waai deur jou gemoed.

Ek beskerm jou in my skadu,

in die diepte van die nag.

Jy mag rus kry in die wete:

Ek, jou Heer, hou oor jou wag,

Ek, jou Heer, hou oor jou wag. 

 

2.As jou lewensbootjie dobber

op die woeste oseaan

en die digte mis omvou jou

soos die laaste daglig taan.

Rig jou blik dan op die hemel,

na die sterkte van my hand

en Ek lei jou deur die deinings

veilig na die anderkant,

veilig na die anderkant.

3.Roep tot My wanneer die vrees jou

in die lewe laat verdwaal

en die donkerte oorspoel jou

soos die golwe om jou maal.

Laat my almag jou omsingel,

dan bring Ek jou veilig tuis

deur die skadu van my hande,

na die die kus, jou Vaderhuis,

na die kus, jou Vaderhuis.

 

Teks: Schuil maar veilig − Frits Deubel;

Afrikaanse teks:  Hannes van der Merwe 2017©

Melodie: SCHUIL MAAR VEILIG – Frits Deubel; Afrikaanse weergawe:  Hannes van der Merwe 2017 © 

Orrelbegeleiding: Gerrit Jordaan 2017

Kantoryverwerking: Gerrit Jordaan 2017

© Teks, musiek en hierdie vertaling: Unisong Music Publishers, t/a Fave Music, Hilversum

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On