VONKK 398 – Neem my hande

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0398 Categories: , Tags: , ,

Description

VONKK 398 – Neem my hande 

1. Neem my hande, laat deel my in u aanraking.
Laat my oë oral die behoeftes sien.
Maak tog my ore oop vir elke noodroep van ‘n arme.
Laat my liefde tog hoop bring in hul nood.

2. As ek honger is, gee gee my iemand om te voed.
As ek dors is, gee water vir hul dors.
en as ek smag na deernis en nabyheid van ‘n ander,
wys my iemand wat liefde nodig het.

3. Maak my hart altyd oper vir my medemens.
Mag my tyd meer gebruik word vir hul seer,
en mag ek sorg vir hulle wat versorging mag benodig.
Neem my lewe, gebruik dit soos U wil.
Neem my lewe, Heer, neem dit in besit.

Teks: Take my hands, Lord – Margaret Rizza (1929- ); 
Afrikaanse weerawe: Hannes van der Merwe 2020 
Musiek: TAKE MY LIFE – Margaret Rizza (1929- )
© 1998 Kevin Mayhew Ltd. Met toestemming gebruik

Additional information

Bladmusiek

Melodielyn, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On