VONKK 411 – O Vadergod, o Hemelheer
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 411 – O Vadergod, o Hemelheer
O Vadergod, o Hemelheer,
laat tog U Naam geheilig word.
Laat kom u ryk, u koninkryk
ook hier by ons, ook hier en nou.
En laat u wil ook hier geskied
soos in die hemel – ook by ons.
En gee aan ons vandag se brood;
sien om na ons, versorg ons Heer.
Vergeef ons skuld. Laat ons vergeef
die wat teen ons gesondig het.
Gee ons u krag in worsteling;
uit bose mag, verlos ons, Heer.
Vir ewig is u koninkryk,
u glorie en u majesteit.
Amen. Amen. Amen.
Nav Matteus 6
Teks: Abana in heaven/ Lord’s prayer – Laila Constantine 2000 ©;
Afrikaanse teks: Hannes van der Merwe 2018
Melodie: ABANA IN HEAVEN – Laila Constantine 2002 ©
orrel- en klavierbegeleiding: Gerrit Jordaan 2018
© 2008 Faith Alive Christian Resources; Met toestemming gebruik
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|