VONKK 412   – En nou, o Vader, denkend aan u Seun

R0.00R10.00

Clear

Description

VONKK 412   – En nou, o Vader, denkend aan u Seun

1. En nou, o Vader, denkend aan u Seun
wat ons gekoop, gered het aan die kruis,
met Hom wat vir ons pleit, ons ewig’ steun;
hier staan ons, Heer, met net ons skuldbewys.
Ja, in ons plek het Jesus daar gehang:
die een volmaakte, ewig’ Offerlam.

2. Kyk, Vader, kyk na Jesus se gesig
en sien ons raak in sy verlossingslig.
Vergewe ons ons sonde elke dag.
Ons bid te min, vertrou op eie krag.
Kom stel, tussen ons sonde en ons loon,
die lyding van u Seun – Hy was ons skoon.

3. En nou, o Vader, leer ons om te sê
dat net volmaakte liefde lief kan hê.
Met hierdie Nagmaal, bitter en so soet,
wil U ons voed, van onheil ons behoed.
U breek die mag van sonde, laat ons vry
in u teenwoordigheid vir ewig bly.

Teks: And now, o Father, mindful of the love  – William Bright 1874; Afrikaanse teks: Thinus van Staden 2018 ©
Melodie: UNDE ET MEMORES − William Henry Monk (1823-1889)
Orrelbegeleiding en kantoryverwerking: William Henry Monk (gewysig)
© Melodie, orrelbegeleiding en kantoryverwerking: Openbare besit
© 2018 Afrikaanse teks: VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On