VONKK 413 – Ons weerspieël U, Hemelvader

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0413 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 413 – Ons weerspieël U, Hemelvader

1. Ons weerspieël U, Hemelvader,
en verander na u beeld.
U wat vryspreek, roep u kinders
om te deel in heerlikheid.

Sing vrymoedig tot ons Redder.
God maak lewend deur die Gees.
Sing vrymoedig! Juig van vreugde!
Hier wil God sy glans weerspieël.

2. Skryf, o Here, op ons harte
sodat almal sal verstaan:
Daar is vryheid by U, Here;
U herskep ons deur die Gees.
Sing vrymoedig tot ons Redder.
God maak lewend deur die Gees.
Sing vrymoedig! Juig van vreugde!
Hier wil God sy glans weerspieël.

Nav 2 Kor 3:1-18
Teks: Wouter van Wyk (jnr) 2018 ©
Melodie: YR HUN GAN – Tradisionele Walliese melodie
Orrelbegeleiding: Isabeau Swanepoel 2018 (Pro Deo)
© Melodie: Openbare besit
© Afrikaanse teks en orrelbegeleiding: 2018 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
 

 

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On