VONKK 414 – Kom besing die Kersgebeure

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0414 Categories: , Tags: , ,

Description

VONKK 414Kom besing die Kersgebeure

1. Kom besing die Kersgebeure die heil’ge nag.
Hoop word daar opnuut gebore – so lank verwag.
“Eer aan God!” sing eng’lekore. “Christus is vandag gebore.”
Hoor die boodskap van verlossing – die heil’ge nag.

2. Uit ‘n maagd word Hy gebore – die heil’ge nag –
vir ‘n wêreld wat verlore na liefde smag.
In ‘n krip lê Hy, die Redder. Kom ons dra die boodskap verder:
God word mens in hierdie Kindjie – die heil’ge nag.

3. Kom besing die Hemelkoning op hierdie dag.
Deur Hom is verlossing moontlik –  deur God se krag.
Seun van God, ons lig en lewe – U is liefde, vreugde, vrede.
God die Seun, ons buig nou voor U – op hierdie dag.

Teks: Come and sing the Christmas story  – Michael Arnold Perry (1942-1996)
Afrikaanse teks: Hannes van der Merwe en Jacques Louw 2018 ©
Melodie: AR HYD Y NOS – tradisioneel Walliese melodie
Orrelbegeleiding 1: Ralph Vaughan Williams 1872-1958
Orrelbegeleiding  2 en kantoryverwerking 2: Isabeau Swanepoel 2017 (Pro Deo)
Kantoryverwerking 1:  Dirkie de Villiers, FAK 1961. Met toestemming gebruik
© Melodie en orrelbegeleiding 1: Openbare besit
© Teks, orrelbegeleiding 2 en kantoryverwerking 2: VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

 

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On