VONKK 418 – U, die Allerhoogste
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 418 – U, die Allerhoogste
1. U, die Allerhoogste, U is El-Elyon,
skyn u glans oor alles, helder soos die son.
U is God Almagtig, U is El-Shaddai,
niks beperk u liefde wat in oorvloed vloei.
Refrein:
Here, U is Jahwe, U’s die grote Heer
en ons kniel eerbiedig voor u grootheid neer.
2. U is die Voorsiener, U is Jahwe Jir-eh
en U gee oorvloedig wat ons nodig het.
U is Jahwe Rapha, want U wil genees
en U bring weer heelheid in ons liggaam, gees.
Refrein:
3. U is Jahwe Nissi, U’s ons vaandel, o Heer
en ons dra dit daagliks soos u Woord ons leer.
Oor die leërskare, Jahwe Sebaoth,
word u Naam geprys want U alleen is God.
Refrein:
4. U die God van lewe, U is El Gajjim,
sodat selfs die grafte u oorwinning sien.
En U is ons vrede, U’s Jahwe Sjalom,
uit u hand alleen kan ware vrede kom.
Refrein:
5. U is Jahwe Shamma, ja, ons God is daar
in ons seer teenwoordig, selfs in worstelvrae.
U is Jahwe Rohi, U’s ons Herder, Heer,
en ons volg U, lê in u versorging neer.
Refrein:
Teks: Hannes van der Merwe 2019 ©
Musiek: NIENKE – Isabeau Swanepoel 2019 (Pro Deo)
© Teks: 2019 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|