VONKK 419 – Ek het u stem gehoor

R0.00R10.00

Clear

Description

VONKK 419Ek het u stem gehoor

1. Ek het u stem gehoor wat roep: “O kom na My!”
Ek kom na U in Jesus’ Naam dat U my kan bevry.

Refrein 1:
Heer, ek hoor U roep, hoor U roep na my.
En ek kom tot by die kruis waar Jesus hang vir my.

2. Dis Jesus wat my roep, dat Hy my honger stil
om naby aan sy hart te leef, soos wat my Here wil.

Refrein 1:

3. Ek lewe uit u hand, u liefde elke dag.
Ek plaas my lewe in u sorg – in alles, dag of nag / ook in die donker nag.

Refrein 2:
Here, hoor my roep, hoor my as ek vra.
Ek kom tot hier by die kruis, die kruis op Golgota.

4. Ek rig my oog op U. Ek het U nodig, Heer.
Ek vra dat U my aan sal raak, dat U my sal genees.

Refrein 2:
 
* Liturgiese wenk:  Daar kan ’n geloofsbelydenis tussen strofes 2 en 3 ingevoeg word indien die liturg dit so sou verkies.

Teks: Hannes van der Merwe 2019 ©
Melodie: I AM COMING, LORD (GWAHODDIAD) – Lewis Hartsough (1828–1919)
Orrelbegeleiding: Pieter van den Berg 2019 ©
© Afrikaanse teks en orrelbegeleiding: 2019 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Melodie: Openbare besit

 

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On