VONKK 420 –  O Heer, maak ons nuut

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0420 Categories: , Tags: , , ,

Description

VONKK 420 –  O Heer, maak ons nuut

Keervers:
O Heer, maak ons nuut. O Heer, maak ons nuut.
Kom maak ons weer heel.
Gee lewe, o lewende God.

God wat als gemaak het,
vorm ons weer opnuut.
Blaas in ons nou u asem,
asem van lewe, Heer.
Sweef tog oor die waters
van chaos in ons hart.
Laat ons loop deur Eden,
saam met U, o Heer.
Keervers:

2. Jesus, maak ons die lote

aan U, Wingerdstok.
Laat u lewende water
deur heel ons lewe vloei.
Gee die vrug van liefde,
gee vrugte van geloof,
tot u dag van glorie,
tot in ewigheid.
Keervers:

3. Kom, o Gees van waarheid,

reinig ons met vuur.
Vul ons harte met passie,
brandend om te getuig.
Vul u kerk van vooraf
met Pinksterkrag, o Gees.
Gee ons vurig’ ywer
vir u Koninkryk.
Keervers:

Teks: Hannes van der Merwe 2019 ©
Musiek: ROBBIE – Cecilia van Tonder 2019 ©
© 2019 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

 

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On