VONKK 421 – U kyk tot diep in my

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0421 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 421 – U kyk tot diep in my

1. U kyk tot diep in my, o Heer
en weet hoe ek my lewe leef.
U ken my denke, elke woord;
hoe ek my lewenspad mag loop.
U Vaderhande hou my vas –
die wete laat my stom-verbaas.

2. As ek van U af weg wou vlug
dan volg u liefde, bring my t’rug.
Geen veraf graf, geen vreemde plek
verhoed dat U my nader trek.
Geen nag se donker sper u sig;
u Gees deurglans die nag soos lig.

3. Diep in my moeder het U my
laat groei en my laat vorm kry;
so kunstig aanmekaar geweef,
u handewerk wat my laat leef.
U wonders slaan my asem weg,
want alles wat U doen is reg.

4. O Here, hoor u kinders bid
om u beskerming en u hulp.
Bewaar ons van hul wat U haat,
wat oneerbiedig van U praat.
O Heer, ek vra, deurgrond my hart
en wys vir my die regte pad.

Nav Psalm 139
Teks: Hannes van der Merwe 2019 ©
Musiek: HANNES – Cecilia van Tonder 2019 ©
© 2019 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

Klassiek – Verwondering / Gebede / Geloof en Vertroue

Additional information

Bladmusiek

Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On