VONKK 423 – Wees genadig, Heer, ek vra
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 423 – Wees genadig, Heer, ek vra
1. Wees genadig, Heer, ek vra dat U sal vergewe.
Sien my in u liefde aan soos ek voor U lewe.
Kyk na my! Sien my ly
en skenk my genesing!
Ek sal U die lof bring.
2. Neem my, Here, in u sorg; Vader red my lewe.
Help my, want U is getrou. Here hoor my bede.
Uitgeteer, bid ek Heer,
smeek ek om u vrede.
Hoor tog my gebede.
3. Ek is uitgeput en moeg; Here sien my trane.
Selfs my oë het dof geword, smekend om genade.
Maar die Heer, antwoord weer;
luister na my smeking
en Hy gee sy seëning.
Nav Psalm 6
Teks: Straf mich nicht in deinen Zorn – Johann Georg Albinus (1624-1679); Afrikaanse teks: Hannes van der Merwe 2019 ©
Melodie: WURTEMBURG 1681 – Darmstadt 1698
Orrelbegeleiding en musikale verryking: Gerrit Jordaan 2019 ©
© Melodie: Openbare besit
© Afrikaanse teks, orrelbegeleiding en musikale verryking: 2019 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|