VONKK 424 – O Jesus, ek’s lief vir U
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 424 – O Jesus, ek’s lief vir U
1. O Jesus, ek’s lief vir U en U’s lief vir my.
U kom as ‘n dienskneg om my te bevry.
U liefde, Heer Jesus, laat kniel U voor my neer.
Ek sien al u liefde, o Jesus, my Heer.
2. O Here, ek volg U na; U noem my u vriend.
U stel my die voorbeeld om soos U te dien.
U liefde, Verlosser, laat kniel my soos U neer.
Maak sigbaar my liefde, o Jesus, my Heer.
3. As ek in die ewigheid u liefde ervaar,
en saam met u kinders my liefde verklaar,
dan sing ek my lofsang, my liefde vir U, Heer.
O hoor tog my lied – ek kniel hier voor U neer.
Teks: Hannes van der Merwe 2019 ©
Musiek: ELRIKA – Cecilia van Tonder 2019 ©
© 2019 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|