VONKK 426 – Skepper, Wind van nuwe lewe (Lentegebed)
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 426 – Skepper, Wind van nuwe lewe (Lentegebed)
1. Skepper, Wind van nuwe lewe,
waai u wind van seën deur my,
tot die laaste blare afval
en ek naak voor U mag staan.
2. Skepper, Bron van nuwe lewe,
kom deurstroom my lewensaar,
tot in elke verste sprietjie
ek weer nuwe blare bot.
3. Skepper, Lig van nuwe lewe,
skyn in my u son se straal,
tot die koue van my wese
nuut verlig sal kan herleef.
4. Skepper, Skilder van die lente,
skilder met u sagte kwas
fyn veelkleurig blomme in my,
dat ek nuut vir U mag blom.
Teks: Oorspronklike gedig – digter onbekend; aangepas deur Hannes van der Merwe 2019 ©
Musiek: MARCELLE – Cecilia van Tonder 2019 ©
© 2019 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|