VONKK 440 – Jesus kom na Jerusalem toe

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0440 Categories: , Tags: , , ,

Description

VONKK 440 – Jesus kom na Jerusalem toe

1.  Jesus kom na Jerusalem toe,
Hy ry op ’n donkie die stad tegemoet.
Die skare strooi klere en palmtakke neer,
hul sing en jubel en roep keer op keer:

Refrein:
“Hosanna!  Hosanna! 
Loof Hom wat kom in Here se Naam!
Hosanna!  Hosanna!
Loof Hom wat kom in die Here se Naam!”

2. Jesus kom in Jerusalem aan.
Daar’s mense wat vra wat is dié man se naam.
Die skare roep: “Jesus van Nasaret kom!
Die Seun van Dawid het ons kom verlos!”

Refrein:

3. Jesus kom by die tempel se poort;
Hy reinig die tempel van koop en verkoop.
Genees daar die blindes, laat kreupeles loop
en kinders roep steeds, hul jubel en loof:

Refrein:

Nav Matteus 21:1-16
Teks: Isabeau Swanepoel 2020 © 
Musiek: LANIE – Isabeau Swanepoel 2020 © 
© 2020 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

Additional information

Bladmusiek

Melodielyn, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On