VONKK 457- Nie aan ons nie, Heer
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 457 – Nie aan ons nie, Heer
Keervers:
Nie aan ons nie, Heer,
maar aan u Naam die glorie;
net aan U die hoogste eer –
aan U, Heer.
1. Vir al u sorg en liefdestrou
u wonders groot en klein,
vir al u hulp, u ingrype,
u daar-wees in ons pyn.
Keervers:
2. Net U alleen is groot, o God
en daarom sal ons juig.
U’s nie gemaak deur mensehand –
ons sal net voor U buig.
Keervers:
3. Net omdat U onthou en seën
en altyd aan ons dink,
sal ons U dien en U vertrou,
ons lofsange laat klink.
Keervers:
4. Ons bid, o Here, vir u seën
oor almal, klein en groot.
U wat die heelal rig en stuur,
bevry ons uit ons nood.
Keervers:
* Liturgiese voorstel: Keervers kan as respons/doksologie gebruik word.
Nav Psalm 115
Teks: Not to us, o Lord – Mark Baldwin ©; Afrikaanse weergawe: Hannes van der Merwe 2020
Melodie: NOT TO US, O LORD – Mark Baldwin ©
Orrelbegeleiding: Isabeau Swanepoel 2020
© Mark Baldwin. Met toestemming gebruik
Additional information
Bladmusiek | Klavierbegeleiding, Melodielyn, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|