VONKK 00078-Die Kerk Is Die Heer Se Mense
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 78 – Die Kerk Is Die Heer Se Mense
1. Die kerk is die Heer se mense
wat vra na die Heer se wense.
Ja, ons is die Heer se mense:
Die wêreld moet Hom sien!
2. Die kerk is die Heer se woning,
‘n huis vir sy eie Koning.
Ja, ons is die Heer se woning:
Die wêreld moet Hom sien!
3. Die kerk is die Heer se tempel,
ons dra nou die Heer se stempel.
Ja, ons is die Heer se tempel:
Die wêreld moet Hom sien!
Teks: Breda Ludik 2005
Melodie: BEN LUDIK – Francé Ludik 2005 ©
Orrelbegeleiding: Colin Campbell 2009 (Pro Deo)
© 2009 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|