VONKK 00082-Laat ons skyn vir Jesus
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 82 – Laat ons skyn vir Jesus
1. Laat ons skyn vir Jesus met ‘n helder glans,
skitter soos die sterre in die hemel saans.
In die donker wêreld waar die lig verdwyn –
skyn daar met jou liggie, al is dit klein.
2. Laat ons skyn vir Jesus en met blydskap sing –
só sy liefdesboodskap ook aan ander bring.
Hy help jou en lei jou. Hy stap met jou saam.
Skyn dan só vir Jesus net waar jy gaan.
3. Laat ons skyn vir Jesus – dit vra Hy van jou.
Moenie langer wag nie, doen dit sommer nou.
Laat ons vir Hom lewe, voluit elke dag.
Skyn dan só vir Jesus – Hy gee jou krag!
Teks: Jesus bids us shine – Susan B Warner 1868;
Afrikaanse weergawe: WEH Söhnge – Halleluja 1951 (aangepas); Liana Lourens © en
Anniéria McFarlane © 1994/2009; gewysig VONKK-Werkgroep 2009
Melodie: JESUS BIDS US SHINE – Edwin Orthello Exell 1951-1921
Orrelbegeleiding: Albert Troskie 2009 (Pro Deo)
© Teks en orrelbegeleiding: 2009 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Melodie: Openbare besit
Additional information
Bladmusiek | Kantoryverwerking, Klavierbegeleiding, Melodielyn, Musikale verryking, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|