VONKK 428 – Wie is die Kind wat rustig slaap

R0.00R10.00

Clear
SKU: VONKK 0428 Categories: , Tags: ,

Description

VONKK 428 – Wie is die Kind wat rustig slaap

 1. Wie is die Kind wat rustig slaap, hier in die stal, die donker nag;
oor wie profete lankal praat; vir wie die volk so lank wag?

Refrein:
Dis Jesus, die Koningskind, die Seun van God wat ons hier vind.
Die Kindjie is die Heer! Ek buig ook voor Hom neer.

2. Wie is die Kind? Die eng’le sing, o hoor hul hemel-tyding.
Wie is die Kind? Sy vrede kom; vir God se volk bevryding.

Refrein:

3.  Wie is die Kind? Die herders buig, hul harte vol van vreugde.
Wie is die Kind? Selfs wyses kniel en lê voor Hom geskenke.

Refrein: 

4. Wie is die Kind in Bethlehem, gebore tussen diere?
Wat maak dat mense tot vandag Hom loof in hulle viering?

Refrein:

Teks: Hannes van der Merwe 2020 © 
Musiek: GREENSLEEVES – tradisioneel Engels, E16 
© Teks: 2020 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media) 
© Musiek: Openbare besit

Additional information

Bladmusiek

Melodielyn, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On