VONKK 452 – Here God almagtig, ons buig voor U troon
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 452 – Here God almagtig, ons buig voor U troon
1. Here God Almagtig, ons buig voor U troon,
Skepper van die heelal, waaroor U regeer.
Son en maan en sterre, wolke weer en wind,
U beheer dit alles deur die eeue heen.
Refrein:
U is God Almagtig, die Drie-enige God,
U wat heers vir ewig, U is waarlik God.
2. Here God Almagtig, U het ons so lief.
Daarom stuur U Jesus om ons te kom red.
Aan ’n kruis kom sterf Hy, Hy oorwin met krag.
Hy kom maak ons vry van sonde en die dood.
Refrein:
3. Here God Almagtig, U gee ons u Gees.
Uit die hemel kom Hy om ons nuut te maak.
Hy kom troos en lei ons en Hy laat ons groei.
Hy verander ons al meer na God se beeld.
Refrein:
Teks: Isabeau Swanepoel 2020 © (:1); Jacques Louw 2020 © (:2 en 3)
Musiek: NIENKE – Isabeau Swanepoel 2020 ©
© 2020 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Klavierbegeleiding, Melodielyn, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|