VONKK 453 – Gees van die Vader, Gees van God die Seun
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 453 – Gees van die Vader, Gees van God die Seun
1. Gees van die Vader, Gees van God die Seun,
U is ons Trooster, Leidsman, krag en steun.
U vul ons diepste hartsverlange, Heer.
U wil ons in u waarheid lei en leer.
Refrein:
Heil’ge Gees, kom vertroos, genees,
kom woon in ons hart, siel en verstand.
Gee u gawes en laat ons groei,
laat vrede nou deur ons vloei.
2. Heilige Gees, kom vul, kom voed u kerk.
Gee ons die gawes om vir U te werk.
Gee ons die oë om die nood te sien;
gee ons die hande om U daar te dien.
Refrein:
3. Lof aan die Vader, Seun en Heil’ge Gees!
Halleluja! Ons prys u grootheid, Heer.
Drie-enig God, ons roem u majesteit,
U wat regeer in alle ewigheid.
Teks: Isabeau Swanepoel 2020 © (:1 en 3); Hannes van der Merwe 2020 © (:2)
Musiek: NANDA – Isabeau Swanepoel 2020 ©
© 2020 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Klavierbegeleiding, Melodielyn, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|