VONKK 455 – Op Golgota

R0.00R10.00

Clear

Description

VONKK 455 – Op Golgota

1. Op Golgota het Jesus al ons skuld gedra,
daar aan die kruis het Hy die prys betaal.
Van God verlaat het Hy die diepste smart ervaar,
in duisternis gehang daar aan die kruis.

2. Op Golgota is ons van sondeskuld bevry,
die Lam van God het in ons plek gely.
Met doringkroon, deurboor, bespot, van God verlaat,
roep Hy dit uit: “My Vader, dis volbring!”

3. En in die graf is Jesus Christus neergelê,
maar uit die graf het Hy weer opgestaan!
Hy leef, Hy leef, Oorwinaar oor die dood en hel!
Halleluja! Ons Here leef! Halleluja!

Teks: Isabeau Swanepoel 2020 ©
Musiek: SIMONÉ – Isabeau Swanepoel 2020 ©
© 2020 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)

Additional information

Bladmusiek

Klavierbegeleiding, Melodielyn, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks

Author: Adele Lombaard

Share This Post On