VONKK 462 – Here, dit is donker
R0.00 – R10.00
Description
VONKK 462 – Here, dit is donker
1. Here, dit is donker en ons gaan nou slaap.
Wees tog ons Beskermer wat oor ons sal waak.
Dink aan ons geliefdes, waar hul ook mag wees.
Lei hul en bewaar hul, deur u Heil’ge Gees.
2. Here, as ons môre weer ons oë oopmaak,
dan besef ons, Here, U het trou gewaak.
Dankie vir u liefde, dankie vir u trou.
Dankie Hemelvader, dat U ons vashou.
Teks: Cecilia van Tonder 2020 ©
Musiek: AANDGEBED – Cecilia van Tonder 2020 ©
© 2020 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Additional information
Bladmusiek | Klavierbegeleiding, Melodielyn, Orrelbegeleiding, Power Point, Teks |
---|